Bridgette Allan het haar loopbaan as geregistreerde verpleegster en vroedvrou begin. Sy beskik oor kwalifikasies in alternatiewe genesingsmodaliteite en het kursusse in persoonlike en kindervoeding, asook voedingsterapie, voltooi as deel van haar voortgesette professionele ontwikkeling. Sy bestuur 'n integrasie-gebaseerde welstandspraktyk waar sy 'n holistiese benadering volg om kli�nte te help om leefstylsiektes die hoof te bied. Bernadine Douglas is die stigter van die Slender Slim 4 U-Banting-kliniekgroep. Sy bied ondersteuning en raad aan kli�nte deur persoonlike konsultasies en ook aanlyn via sosiale media. Bernadine werk vanuit 'n mediese praktyk in Kaapstad waar sy kli�nte sien vir persoonlike konsultasies en gewigsbestuur Sy is 'n voedingsterapeut wat spesialiseer in dieet- en gewigsbestuur, sport- en oefeningsvoeding, asook in persoonlike- en kindervoeding.
Ask a Question About this Product More... |